Southern Sudan

13 Feb 2012 - 24 Feb 2012

Yei, Southern Sudan

Hallo almal,

Ek sit tans op OR Tambo lughawe, vanwaar ek vanmiddag vertrek na Uganda en dan more oggend(Dinsdag) na Sudan vlieg
Vanaf Woensdag begin ek dan met drie twee dag Farming God’s Way opleiding sessies in en om n dorpie genaamd Yei.
Woensdag en Donderdag (15 en 16de feb) werk ek met n groep sowat 40km buite Yei, waar hul kerkie laas week afgebrand is, hulle het nietemin gevra dat ek asseblief moet kom.

Vandaar doen ek Vrydag en Saterdag opleiding by n bybelskool in n plek met die naam Goli, sowat 50 km oos van Yei.

Sondag sal ek waarskynlik die Woord tydens n erediens bring.

Maandag en Dinsdag doen ek weer opleiding sowat 20 km vanaf Yei

Woensdag die 22ste vergader ek met n klompie leiers om saam te bid en te besin oor die pad vorentoe en hoedat ons as broersen susters in daardie geteisterde land kan dien vorentoe.

Bid asb vir ons, daar is so baie goed maar bid maar soos wat die Here u bewus maak van dinge.

Ek kan per sms bereik word(hoop ek!) by my nommer hieronder anders is jul welkom om vir Pauli te sms

Sou die Here vir u skrif of woord gee.

Liefdegroete in Christus,
Wilhelm

One Response to Southern Sudan

  1. Judy says:

    Very interesting information, great way to help resolve poverty. Yes because of greed in some circumstances the information has been kept from key people. Keep up the good work, Judy

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *